Foto bron: Verskaf
Die Staat het die beskuldigdes in die Steinhoff-saak bedien met ‘n nuwe voorlopige klagte.
Op Woensdag het voormalige maatskappysekretaris en hoof van regsdienste, Stephan Grobler, sy tweede verskyning gemaak in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria in verband met die saak. Terselfdertyd het voormalige CFO, Andries “Ben” la Grange, sy eerste verskyning gemaak.
Die klagakte is nou opgedateer na aanleiding van Markus Jooste se selfmoord en die insluiting van La Grange by die saak. Jooste was oorspronklik as beskuldigde nommer een genoem maar is ná sy dood uit die klagstukke verwyder.
Die saak is uitgestel tot Oktober, en beide beskuldigdes moet weer in die hof verskyn.