Foto bron: Verskaf
Die Staat soek nog ses verdagtes in die saak wat die beweerde onderwêreld-bendeleier Ralph Stanfield en die moord op die Stad Kaapstad-amptenaar Wendy Kloppers betrek.
Kloppers is verlede Februarie tydens ‘n terreininspeksie by die Delft Symphony Way-behuisingsprojek doodgeskiet. Drie mans is vandeesweek vir haar moord gearresteer en bygevoeg tot die saak teen Stanfield en nege ander, insluitend sy vrou, Nicole Johnson, wat teregstaan op aanklagte wat verband hou met die bestuur van ‘n kriminele onderneming genaamd “The Firm.”
Warren-Lee Dennis, Michael Morris en Sharazaadht Essop, aangekla van Kloppers se moord, het Donderdag by Stanfield in die hof aangesluit. Verdedigings Advokaat, Luzuko Guma, het Dennis se aanklagte ingevolge die Wet op Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (POCA) genoem. Mayco-lid vir Menslike Vestigings, Carl Pophaim, het gesê die stad sal die saak noukeurig monitor en met SAPD en NPA saamwerk vir ‘n vinnige ondersoek.
Die saak is uitgestel na 13 September vir verdere ondersoek.