Foto bron: Verskaf
Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid het ‘n dringende waarskuwing uitgereik en raai enigeen wat in die afgelope ses maande deur ‘n rob gebyt is, aan om onmiddellik mediese evaluasie te soek.
Hulle het beklemtoon dat verdere ondersoek belangrik is, selfs as daar aanvanklike behandeling ontvang is. Hierdie waarskuwing volg op die bevestiging van ‘n uitbraak van hondsdolheid onder Kaapse pelsrobbe langs die Kaapse kus, wat ‘n risiko van oordrag na mense en ander diere inhou. Departement Woordvoerder, Dwayne Evans, het die erns van hondsdolheid beklemtoon en raad voorsorg aan vir inwoners en reisigers wat kusgebiede besoek.