Foto bron: Verskaf
Die Gautengse Onderwysdepartement het kommer uitgespreek oor ‘n groot aantal onvolledige aansoeke vir die 2025-akademiese jaar, veral vir graad 1 en 8.
Vanaf Dinsdagmiddag was meer as 146,000 aanlyn aansoeke onvolledig, wat die plasing van hierdie leerders in gevaar stel.Die departement het beklemtoon dat onvolledige aansoeke nie verwerk sal word nie en het ouers aangespoor om SMS-kennisgewings van die aanlyn toelatingsstelsel na te gaan vir opdaterings oor hul aansoekstatus en instruksies om die proses te voltooi.
“Dit is belangrik vir ouers om die SMS’e wat hulle van die aanlyn toelatingsstelsel ontvang, na te gaan,” het woordvoerder Steve Mabona gesê.