Foto bron: Verskaf
Die saak van OVK-amptenaar Musawenkosi Mnikathi, wat beskuldig word van diefstal van stembokse tydens die algemene verkiesing in KwaZulu-Natal, is uitgestel na Augustus vir die Staat se reaksie.
Mnikathi het Dinsdag kortliks in die Pietermaritzburg Landdroshof verskyn, waar die verrigtinge vinnig afgehandel is. Sy advokaat het aan die hof meegedeel dat die verteenwoordigings aan die senior openbare vervolger ingedien is.
Die saak sal op 13 Augustus weer in die hof wees vir verdere verrigtinge. Mnikathi bly vry op ‘n waarskuwing.