Foto bron: Verskaf
Twee verdagtes sal Maandag in die Atlantis landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dagga ter waarde van R30 miljoen op ’n plaas in Philadelphia, Wes-Kaap.
Hulle word ook aangekla vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Tydens ‘n polisie klopjag is ‘n onbepaalde bedrag kontant op die plaas gevind. Joseph Swartbooi, woordvoerder van die Wes-Kaap SAPD, het gesê die verdagtes het nie die nodige permitte of lisensies vir die kweek van dagga gehad nie.
Die arrestasies het gevolg op ’n geïntegreerde operasie, onder leiding van provinsiale georganiseerde misdaad-speurders en Philadelphia SAPD, gebaseer op belangrike inligting oor verdagte aktiwiteite op die plaas.