Foto bron: Verskaf
Die ANC in die Wes-Kaap verwag dat Premier Alan Winde se toespraak die hantering van misdaad, werkskepping en bekostigbare behuising sal aanspreek.
Winde is geskeduleer om die eerste sitting van die sewende administrasie van die Wes-Kaapse provinsiale Parlement op Woensdag oop te maak. Opposisieleier Khalid Sayed verwag ook dat Winde ‘n sterker houding teenoor rassisme sal neem, veral in skole, na ‘n onlangse voorval by Hoërskool Pinelands waar swart leerlinge in ‘n hok geplaas en “op ‘n veiling verkoop” is.
GOOD Party se Brett Herron het Winde aangespoor om van sy eerste termyn se mislukkings te leer en in diegene te belê wat dit die meeste nodig het. Herron het Winde gekritiseer vir die onvermoë om beloftes wat na sy 2019-toespraak gemaak is, na te kom, en het gepleit vir die vrystelling van provinsiale publieke grond vir bekostigbare behuising, verduidelikings oor onderwys en gesondheid se begrotings tekorte, en ‘n plan om die Wes-Kaap se ekonomie te laat groei.