Foto bron: Verskaf
Die Stad Kaapstad se elektriese meter vervangingsprogram is besig om vinnig vorentoe te beweeg, om meters wat oor 30 jaar oud is, te vervang. Hierdie verpligte opgradering is noodsaaklik om akkurate lesings te verseker.
Mayco-lid vir Energie, Xanthea Limberg, het aan inwoners verseker dat die vervangings gratis is. Wanneer ‘n gebied vir ‘n opgradering gekies word, sal ‘n brief afgelewer word om ‘n afspraak te reël. Inwoners kan hulle afspraak verifieer deur die stad se oproepsentrum by 0860 103 089 te kontak.