Foto bron: Verskaf
Gesondheidsamptenare beklemtoon dat inenting die doeltreffendste manier is om Rubella te voorkom en roep ouers op om te verseker dat hul kinders se roetine-inentings op datum is. Die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes (NICD) het die Departement van Gesondheid gewaarsku oor ‘n toenemende aantal Rubella-gevalle in Gauteng, die Wes-Kaap, die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal.
Rubella, wat deur respiratoriese druppels versprei, veroorsaak gewoonlik ‘n ligte siekte, maar kan risiko’s tydens swangerskap inhou. Bykomende simptome sluit in naarheid, keelpyn, rooi oë, verlies aan eetlus en geswelde limfkliere in die nek. Die Departement van Gesondheid stel die MR (masels-rubella) entstof landwyd beskikbaar, wat die alleenstaande masels entstof vervang, terwyl die MMR (masels, pampoentjies, rubella) entstof in die private sektor aangebied word.
Rubella-gevalle neem gewoonlik toe tussen Augustus en Desember in Suid-Afrika.