Foto bron: Verskaf
Die aantal bevestigde Aappokke-gevalle in die land het gestyg tot 25, nadat ’n nuwe geval in die Wes-Kaap bevestig is. Die Departement van Gesondheid het gesê die pasiënt het geen onlangse internasionale reisgeskiedenis of kontak met ’n bekende Aappokke-geval gehad nie en is tans in isolasie by die huis in ’n stabiele toestand.
Gesondheidswoordvoerder Foster Mohale het bevestig dat kontakopsporing aan die gang is en het alle geïdentifiseerde kontakte versoek om met gesondheidsbeamptes saam te werk vir sifting en diagnose om verdere verspreiding van die siekte te voorkom. Sedert die uitbreking in Mei begin het, het drie mense reeds aan Aappokke gesterf.