Foto bron: Verskaf
Die Europese Unie (EU) het twee belangrike beleggings in groenwaterstofenergie in Suid-Afrika aangekondig: R140 miljoen vir Transnet om handelskwessies aan te spreek en R500 miljoen vir die groen waterstofagenda. EU-energiekommissaris Kadri Simson het die ooreenkomste in Pretoria onderteken.
Energië- en Elektrisiteitsminister, Kgosientsho Ramokgopa, het die beleggings verwelkom as ’n geleentheid om werk te skep en die ekonomie te herindustraliseer. Hy het beklemtoon dat groenwaterstof die BBP sal verhoog en Suid-Afrika sal ondersteun in die oorgang na ’n skoner ekonomie, wat voortbou op bestaande inisiatiewe soos dié by Sasol.