Foto bron: Verskaf
Nasionale polisie kommissaris, Fannie Masemola, het gevra vir beter samewerking tussen die howe en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om misdaad bestrydings pogings te verbeter.
Tydens ‘n opdatering saam met Valke-hoof Godfrey Lebeya en Gauteng-polisiekommissaris Tommy Mthombeni, het Masemola uitdagings uitgelig in die hantering van afpersingsmisdade en ongedokumenteerde buitelanders.
Hy het opgemerk dat hoewel die polisie baie verdagtes gearresteer het, die hofstelsel se stadiger pas vinnige vervolging belemmer, wat die indruk skep dat die stelsel nie doeltreffend funksioneer nie.