Foto bron: Verskaf
Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) berig dat nog ‘n lisensie-ondersoeker in Mpumalanga gearresteer is vir ongerymdhede met die uitreiking van bestuurslisensies en omkopery.
Dit volg op die inhegtenisneming van 13 lisensiebeamptes en een bestuurskooloperateur deur die Valke, wat daarvan beskuldig word dat hulle saamgewerk het om lisensies sonder toetse uit te reik in ruil vir omkoopgeld. RTMC-woordvoerder Simon Zwane het gesê dat die verdagtes aangekla sal word van bedrog, korrupsie en oortredings van die Padverkeerswet.
Hulle staan ook om hul werke te verloor weens departementele dissiplinêre aksies, benewens moontlike gevangenisstraf weens kriminele vervolging.