Foto bron: Verskaf
Die parlement se polisie portefeuljekomitee het kommer uitgespreek oor die aanstelling van generaal-majoor Patrick Mbotho as afdelings kommissaris in die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoek.
Die komitee haal ’n voorval van om en by 2017 aan toe Mbotho, destyds Hoof van die Eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe, erken het dat hy pornografiese inhoud via WhatsApp gedeel het. Hulle bevraagteken ook sy beweerde bande met ‘n Kaapstadse afpersingskoning en bewerings dat hy met kriminele ondersoeke ingemeng het.
Valke hoof, luitenant-generaal Godfrey Lebeya, het Mbotho verdedig en sy uitgebreide ervaring en prestasies binne SAPD beklemtoon. Hy het verseker dat alle korrekte aanstellingsprosesse gevolg is en dat Mbotho die nodige dissiplinêre stappe ondergaan het.
Ondanks hierdie versekerings bly komiteevoorsitter, Ian Cameron krities, en bevraagteken hy Mbotho se integriteit en geskiktheid vir die pos.