Foto bron: Verskaf
Die familie van ‘n vrou wie se liggaam onder die puin by ‘n woonstel in Midrand ontdek is, eis antwoorde van die eienaars van die gebou. Hulle twyfel of die brand in haar woonstel ontstaan het en vra vir ‘n deeglike ondersoek.
Twee-en-dertig-jarige Onalenna Tsae se liggaam is Woensdag in haar woonstel gevind nadat ‘n brand die vorige aand in die gebou uitgebreek het. Haar liggaam is ure later deur familielede en nooddienste-personeel ontdek.