Foto bron: Verskaf
Die Departement van Minerale Hulpbronne het ‘n daling in brandstofpryse vir Oktober bevestig, met motoriste wat vanaf Woensdag meer as R1 minder per liter sal betaal. Nege-en-tagtig oktaan petrol sal met R1,06 daal, terwyl 95 oktaan met R1,14 per liter sal afneem, en die prys van diesel sal met R1,12 en R1,14 per liter val.
Volgens die departement se woordvoerder, Robert Maake, word hierdie daling toegeskryf aan die sterker rand teenoor die Amerikaanse dollar en laer internasionale oliepryse. Verder sal die prys van verligtingsparafien met R1,48 per liter daal, terwyl die prys van LP-gas met 23 sent per kilogram sal toeneem.
Die nuwe brandstofpryse sal op 2 Oktober in werking tree.