Foto bron: Verskaf
Brandweermanne van die Tuinroete-streek in die Wes-Kaap het weereens uitstekend presteer by die Toughest Firefighter Alive Suid-Afrika-kompetisie, wat vir die derde agtereenvolgende jaar in Mosselbaai gehou is.
Hierdie jaar se geleentheid het ‘n rekordgetal van meer as 400 deelnemers van regoor die land aangetrek, en vir die sewende jaar in ‘n ry is ‘n brandweerman van die Tuinroete-distrik munisipaliteit as Suid-Afrika se hardste brandweerman gekroon.
Senior brandweerman, Amile Conrad, wat onlangs brons verower het by die ‘World Firefighter Games’ in Denemarke, het die belangrikheid van fiksheid in sy beroep beklemtoon. Hy het opgemerk dat die kompetisie uithouvermoë en vaardigheid teen hoë intensiteit toets, wat die onvoorspelbare aard van brandbestryding weerspieël, waar fisieke fiksheid deurslaggewend is om doeltreffend in noodgevalle te reageer.