Foto bron: Verskaf
Die Valke in die Wes-Kaap het ‘n verdagte in Kraaifontein in hegtenis geneem wat met mensehandel verbind word.
Volgens Zinzi Hani, woordvoerder, word die verdagte sedert vroeër vanjaar ondersoek omdat hy na bewering ‘n slagoffer van Nigerië vir seksuele uitbuiting verhandel het. ’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat hoewel vier individue wat by die huis gevind is nie slagoffers van mensehandel is nie, hulle onwettig in Suid-Afrika is.
Al vyf sal môre in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn vir die oortreding van die Immigrasiewet, terwyl die vermeende handelaar ‘n bykomende aanklag van mensehandel in die gesig staar.