Foto bron: Verskaf
Die Premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, het aangekondig dat die provinsiale regering se plan om werkloosheid aan te spreek, in ‘n gevorderde stadium is.
Dit volg op ‘n optog Maandag deur honderde betogers onder leiding van Cosatu, wat ‘n memorandum oor kwessies soos werkloosheid, armoede, ongelykheid, korrupsie en toenemende misdaadkoerse oorhandig het.
Winde het die werklike kommer wat deur COSATU en ander vakbond organisasies, insluitend FEDUSA en NEHAWU, geopper is, erken en die noodsaaklikheid van ‘n gesamentlike poging om hierdie uitdagings aan te spreek, beklemtoon. Hy het sy ondersteuning vir COSATU se fokus op werkloosheid uitgespreek en sy kommer oor lae ekonomiese groei, hoë werkloosheidsyfers, misdaad en armoede in die provinsie gedeel.