Foto bron: Verskaf
Anti-misdaadaktiviste het die regering opgeroep om dringende stappe te neem om kinders teen bendegeweld te beskerm. Statistieke toon dat sowat 80 kinders elke drie maande in skiet- en messteekvoorvalle in die Wes-Kaap sterf, ondanks ’n 12,82%-afname in voorvalle vanjaar volgens die Wes-Kaapse departement van gesondheid. Abi Isaacs van die Cape Flats Safety Forum sê die syfers bly kommerwekkend en vra vir ‘n spesiale ondersoek na wapengeweld in die Wes-Kaap.
Norman Jantjies van die gemeenskapspolisieforum in Mitchells Plain het gesê faktore soos werkloosheid, vroeë skoolverlatings en ‘n gebrek aan geriewe speel ‘n groot rol in die probleem. Hy het veral klem gelê op die ontoeganklikheid van gemeenskapsentrums en ‘n tekort aan sportgeriewe, wat jongmense weerloos laat teen bende-aktiwiteite.