Foto bron: Verskaf
President Cyril Ramaphosa het aangekondig dat die regering se inisiatief om spaza-winkels te registreer en te reguleer vorder. Tot dusver is bykans 200 000 spaza-winkels landswyd geïnspekteer, en meer as 1 000 winkels, supermarkte en pakhuise moes sluit as deel van die regering se blitsaksies.
Ramaphosa het tydens sy jaarlikse toespraak by die Nasionale Raad van Provinsies gesê die maatreëls volg ná die skerp fokus op spaza-winkels wat met kindersterftes verbind word. Hy het beklemtoon dat multi-dissiplinêre spanne die inspeksies uitvoer om die veiligheid van produkte en bedrywighede te verseker.