Foto bron: Verskaf
Die polisie in KwaZulu-Natal is besig met ondersoeke na die ontdekking van R80 miljoen se kokaïen wat in ‘n houer by Durban-hawe versteek was.
Die versending, wat van Brasilië af gekom het en as nierbone vermom was, was bedoel vir Johannesburg. Nadat die skip gemonitor is, het die owerhede agt sakke fyngemaakte kokaïen gevind tydens ‘n soektog by ‘n pakhuis in Bluff. Ondersoeke duur voort om die verantwoordelikes te identifiseer.