Foto bron: Verskaf
Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het bewerings van korrupsie by die Independent Development Trust (IDT) van die hand gewys, insluitend bewerings dat hy ’n joernalis omgekoop het om die entiteit in ‘n swak lig te stel. Die EFF het ook ’n saak by die polisie aanhangig gemaak en Macpherson daarvan beskuldig dat hy verkeerd opgetree het, insluitend inmenging in die IDT se betaling van ’n verskaffer se faktuur.
Macpherson het egter gesê sy pogings om korrupsie by die IDT aan te pak, sou waarskynlik teenkanting uitlok. Hy het bevestig dat die ouditfirma PwC aangestel is om ‘n R800-miljoen suurstofaanleg-tender te ondersoek en te verseker dat geen wette of pligte deur IDT-amptenare of kontrakteurs oortree is nie. Hy het verder gesê dat korrupsieklagtes hom nie sal keer om wanbestuur binne die departement aan te spreek nie.