Foto bron: Verskaf
Die Gauteng Care Crisis Committee, wat nie-winsgewende organisasies (NPO’s) in die provinsie verteenwoordig, vra die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om te verduidelik wat met NPO-befondsing gebeur het. Hulle verlang deursigtigheid oor wie befonds word en die kriteria wat gebruik word om finansiële hulp te bepaal.
Nadat NPO’s in Gauteng nie befondsing ontvang het vir die 2024/25-fiskale jaar nie, het die komitee Premier Panyaza Lesufi en die departement in die hof gedaag. Die begroting is van R2.4 miljard na R1.8 miljard gesny, ten spyte van ‘n beduidende toename in befondsings versoeke. Komiteevoorsitter Lisa Vetten het die departement gekritiseer vir die belofte om meer organisasies te befonds as wat hulle bekostig het en vir die gebrek aan deursigtigheid oor hoeveel bestee is aan goedgekeurde aansoeke.