Foto bron: Verskaf
Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) maak aanspraak daarop dat die aantal verkiesings wat in 2024 wêreldwyd plaasgevind het, bygedra het tot mense wat minder gereis het. Meer as 60 lande het verlede jaar na die stembus gegaan, wat meer as vier miljard mense betrek het.
ACSA-HUB Mpumi Mpofu het gesê verkiesings stel altyd ‘n risiko vir die reis- en toerismebedryf. Sy het verduidelik dat mense dikwels nie reis nie wanneer hulle onseker is oor die politieke stabiliteit in hul eie lande nie, wat lei tot ‘n afname in reisvraag en toerisme wanneer daar ‘n verkiesing in ‘n land is.