Foto bron: Verskaf
ActionSA eis aanspreeklikheid van die Minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, en Eskom-voorsitter Mteto Nyati oor die nutdiens se agteruitgang.
Tydens ‘n onlangse sitting van die Parlement se Standeerder Komitee oor Publieke Rekeninge (SCOPA) het die ouditeur-generaal bevestig dat Eskom se primêre energie koste aansienlik laer kon wees. Alan Beesley het die stygende elektrisiteitskoste en die verswakkende dienslewering gekritiseer en korrupsie en onbevoegdheid as die oorsaak genoem.
Beesley het gevra dat diegene wat verantwoordelik is, aanspreeklik gehou moet word en het Eskom aangespoor om meer deursigtig te wees. Hy het gesê dat korrupte amptenare krimineel aangekla moet word, terwyl onbevoegde amptenare ontslaan moet word.