Foto bron: Verskaf
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) is besig om die Gauteng se aanlyn leerders plasing stelsel te ondersoek nadat talle klagtes oor nie-geplaasde leerders vir die akademiese jaar 2025 ontvang is. Die kommissie het vroeër kommer uitgespreek oor die stadige plasing van leerders en vra ouers en voogde van nie-geplaasde kinders om klagtes in te dien om die omvang van die probleem te bepaal.
Die SAMRK Gauteng-bestuurder, Zamantungwa Mbeki, het kommer uitgespreek oor die plasing van leerders met spesiale behoeftes in LSEN-skole en die beskikbaarheid van hierdie skole. Die kommissie doen ‘n beroep op die publiek om by hulle aan te sluit sodat die verskillende kategorieë probleme deeglik ondersoek kan word.