Foto bron: Verskaf
Wesbank-inwoners is geskok ná ‘n vierjarige seuntjie oor die naweek doodgeskiet is, een van die jongste slagoffers van bendegeweld op die Kaapse Vlakte. Hy is in sy huis deur twee verdwaalde koeëls getref, glo afgevuur deur mededingende bendes. Die polisie se Anti-Bende Eenheid ondersoek ‘n moordsaak.
Die Kaapse Vlakte Veiligheidsforum se woordvoerder, Abie Isaacs, het gevra vir ‘n spesiale ondersoek na geweergeweld en die ontplooiing van die Weermag om wetstoepassers te ondersteun. Hy het ook inwoners aangemoedig om met die ondersoek saam te werk.