Foto bron: Verskaf
Die Wes-Kaapse Regering verwelkom maatreëls deur die Nasionale Departement van Gesondheid om te verseker dat MIV/VIGS-behandeling ononderbroke voortgaan ná die 90-dae opskorting van sekere Amerikaanse buitelandse hulp. Hierdie maatreëls sluit ‘n ses maande ARV-voorraad en ‘n 28-dae laat-afhaal toelaag in om druk op pasiënte en klinieke te verlig.
Provinsiale Minister van Gesondheid en Welsyn, Mireille Wenger, beklemtoon die noodsaaklikheid van ’n volhoubare begroting om die verlies aan Amerikaanse en PEPFAR-befondsing te vergoed, sodat vooruitgang in die stryd teen MIV/VIGS en TB kan voortgaan.