Foto bron: Verskaf
Ses polisielede van die Khayelitsha-speurdiens is in hegtenis geneem vir bedrog en die verydeling van die regsproses. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle vals reisvergoedingsaansprake ter waarde van R16,000 ingedien het deur akkommodasie te betaal en dan ‘n kwitansie met ‘n hoër bedrag te versoek.
Wes-Kaapse polisie woordvoerder, FC van Wyk, sê die Anti-Korrupsie-eenheid se ondersoek het daartoe gelei dat die saak aan die Direkteur van Openbare Vervolging (DPP) voorgelê is. Die verdagtes is aangekla op 26 aanklagte van bedrog en een van regsverydeling en sal Donderdag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.