Het jy ’n sakeonderneming wat graag jou produkte of dienste aan ’n Afrikaanssprekende mark wil bemark? Dan is jy op die regte plek.
AfriNUUS nooi jou om meer as ’n adverteerder op ons platform te wees. Raak ’n bemarkingvennoot.
Ons het 'n pasgemaakte meng-en-pas-bemarkingsgids wat jou kan help om jou besigheidsdoelwitte te bereik.
Hier is tariefkaart vir 2022/2023:
Jy kan ook hier klik om die volledige tariefkaart af te laai.
Blaai deur die tariefkaart hieronder:
AfriNUUS-Tariefkaart-2023Stel jy belang in ons gewone advertensiepakkette?
Hier is ons advertensiepakkette:
Ons advertensiepakkette sluit in: Advertensieberigte, Facebook-inskrywings, promosieartikels, baniere op ons webblad, nuusbriefinskrywings en vele meer:
Ekonomiese Advertensiepakket: R3 000
- Een plasing op ons sosiale media kanale, wat Facebook, Twitter en Instagram insluit.
- Een eksklusiewe berig op ons webtuiste.
Professionele Advertensiepakket: R6 000
- Twee plasings oor ’n twee weke periode op AL ons sosiale media kanale, wat Facebook, Twitter, Instagram en selfs Telegram insluit.
- Twee eksklusiewe berigte op ons webtuiste (wat vir 24 uur ons hoofstorie sal wees).
- ’n Advertensiebanier wat op ons webtuiste sal vir 14 dae sal verskyn en deurklik na jou platform van keuse.
Korporatiewe Advertensiepakket: R10 000
- Met ons korporatiewe advertensiepakket kry jy die hele mandjie propvol voordele.
- Vier plasings oor ’n maandtydperk op AL ons sosiale media kanale, wat Facebook, Twitter, Instagram en selfs Telegram insluit.
- Drie eksklusiewe berigte op ons webtuiste.
- ’n Hoofbanier wat op ons tuisblad geplaas sal word. Nie net op ons webtuiste nie, maar ook op ons Facebook en Twitterbladsy. Dit sal oor ’n maand plaasvind, en daar is slegs een van hierdie pakkette per maand beskikbaar, so spring gou!
- ’n Eksklusiewe opwip (“pop-up”)-boodskap indien lesers deur die webtuiste lees wat hulle meer van jou besigheid, diens of produk vertel. Dit sal vir 14 dae geld.
- Laastens, maar nie die minste nie, met die pakket sal ons digitale span jou help met die ontwerp van die banniere en advertensie aangesien alle berigte in Afrikaans uitgereik word. Ons kan jou ook help met die proeflees en taalversorging van die berigte, indien dit van ons verlang word.
Neem asseblief kennis: Dit is ’n eenmalige betaling, met BTW wat reeds ingereken is. Anders as tradisionele media-agentskappe vra ons jou nie “per klik” of “per besoek nie”.
Jy sal sal altyd ’n opsommende oorsigverslag ontvang met ’n analise oor hoeveel mense deur jou advertensie bereik is met elkeen van ons pakkette.
Waarvoor wag jy? Gesels met ons oor ’n pasgemaakte plan vir jou unieke behoeftes.
Vir enige navrae, of indien jy belangstel, kontak ons gerus by: nuus@afrinuus.com. Ons kan nie wag om jou sakeonderneming met ons platforms en kundigheid te help groei nie.
Jy kan ook die vorm hieronder invul.