Skrywer: GroundUp

Hof

Zanda Moyo verskyn weer op 20 Junie saam met agt ander in die strafregtelike verhoor. Deur Becker Semela (GroundUp) Zanda Moyo het Dinsdag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Dit bring die aantal mense wat daarvan beskuldig word dat hulle die verkragter en moordenaar Thabo Bester bygestaan het met sy ontsnapping uit die tronk op nege te staan. Hy sal op 20 Junie in die hof vir die strafregtelike verhoor verskyn. Moyo word aangekla van die skending van ’n liggaam, bedrog en die huisves en verberging van Bester. Bester het op 3 Mei 2022 uit die Mangaung-korrektiewe sentrum ontsnap. Hy het…

Read More

Die regter het meer as ’n jaar geneem om te beslis in die “dringende aansoek”, wat Clicks nou verhoed om goedkoper generiese bloedverdunningsmedikasie te verkoop. Deur Tania Broughton (GroundUp) Bayer het sy hofuitdaging gewen en Clicks verhinder om ’n goedkoper generiese bloedverdunningsmedikasie in kompetisie met Bayer se gepatenteerde produk te verkoop. Bayer het verlede jaar die hof van patente in Gauteng genader om Clicks te keer om die tablette te verkoop. Die saak voor regter Collis het gehandel oor “evergreening”, waarin farmaseutiese maatskappye wat patente op medisyne het, die leeftyd van die patent verleng. In die geval van rivaroxaban sou…

Read More

“Dit is nie altyd moontlik om die voorgeskrewe maaltyd op die leerders se borde te sit nie,” sê die skoolhoof. Deur Liezl Human (GroundUp ’n Laerskool in die Oos-Kaap sukkel om kos op die borde van leerders te sit met die departement van basiese onderwys (DBO) se huidige begrotingstoewysing van net R3,05 per kind. GroundUp het onlangs met ’n hoof van ’n laerskool in Makhanda gepraat. Haar naam is weerhou om haar en die skool teen vergelding deur die departement te beskerm. Die skoolhoof sê sy bestee ’n derde van haar tyd aan navorsing oor die goedkoopste kosopsies om te…

Read More
Hof

“Daar is geen aanduiding dat sy oneerlikheid nie weer sal voorkom nie” skryf regters oor Hassan Ebrahim Kajee. Deur Tania Broughton (GroundUp) ’n Johannesburgse advokaat, wat die staatsprokureur uit meer as R34 miljoen bedrieg het – wat effektief byna R67 000 per dag vir 511 kalenderdae verdien het – het bedank. Regters Motsomai Makume en Willem Wepener van die Johannesburgse hooggeregshof het in ’n uitspraak vandeesweek gesê Hassan Ebrahim Kajee se optrede het “ernstige gebreke getoon”, hy het geen berou getoon nie, en erger nog, hy dring steeds daarop aan dat die Johannesburgse Balieraad geen jurisdiksie het oor hom omdat…

Read More

Die hof het gelas dat die adjunkdirekteur van korporatiewe dienste onmiddellik heraangestel word. Die minister het die personeellid die skuld gegee en haar van wangedrag beskuldig. Deur Tania Broughton (GroundUp) Die minister van menslike nedersettings is beveel om die adjunkdirekteur van korporatiewe dienste, Nelly Letsholonyane, wat bevind is dat sy onregmatig afgedank is, onmiddellik weer aan te stel. Letsholonyane is afgedank nadat minister Mmamoloko Kubayi vir sowat ’n uur in ’n hysbak vasgesit het en toe vir Letsholonyane die skuld gegee het, en haar kontrak in April vanjaar summier beëindig het. Vandeesmaand het waarnemende regter Molatelo Makhura van die Johannesburgse…

Read More

Kommer oor veiligheid bestaan steeds ná gewapende roof weke voor die biblioteek se amptelike opening. Deur Chris Gilili (GroundUp) “Dit is joune as gemeenskap. Gebruik dit asseblief verstandig,” het Sthembiso Zungu, wyk 122-raadslid, Donderdag by die langverwagte amptelike opening van die Lehae-gemeenskapsbiblioteek, suid van Johannesburg, inwoners toegespreek. Die bou van die biblioteek het in 2016 begin. “Ons moes teen mekaar baklei om dit oop te maak,” het Zungu gesê. “Ek wil jou bedank vir jou deursettingsvermoë.” GroundUp het herhaaldelik berig oor vermiste sperdatums en verbreekte beloftes rakende die projek van R26 miljoen. Die Stad Johannesburg en die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap het…

Read More

300 inwoners van plakkershutte in Oos-Londen sê hulle sal nie trek tensy dit iewers is met water, elektrisiteit en toilette nie. Hulle woon nou glo op ground wat vir ’n skool bedoel is en gebruik onwettige kragverbindings. ’n EFF-raadslid sê egter dit is hul grondwetlike reg om ander grond deur die departement te kry. Deur Nombulelo Damba-Hendrik (GroundUp) Sowat 300 gesinne in Nompumelelo, Oos-Londen, het hutte gebou en beset op grond wat vir die nuwe Floradale Intermediêre Skool bedoel is. Die huidige skool, die enigste laerskool in Nompumelelo, het meer as 1 260 leerders van graad R tot graad 7.…

Read More

Die Departement van Basiese Onderwys moet verantwoordelikheid aanvaar vir “vernietigende” geletterdheidsyfers, sê opposisiepartye en die burgerlike samelewing. Deur Liezl Human (GroundUp) Die departement van basiese onderwys (DBO) het Dinsdag in die parlement swak geletterdheidsyfers en die mislukking van sy nasionale leesplan (wat in 2019 ingestel is) op die Covid-19-pandemie geblameer. Verlede week het die Progress on International Reading Literacy Study (PIRLS) resultate aan die lig gebring dat 81% van Suid-Afrikaanse graad 4-kinders nie vir betekenis kan lees nie. In 2016 was dit 78%. Die departement hersien tans ’n nasionale leessektorplan in ’n poging om die geletterdheidskrisis in leerders se grondslagfase…

Read More

Ses mense is skuldig bevind aan Teboho se moord, maar niemand het sy ma vertel nie. Sy ma wil nog weet hoe haar seun gesterf het, maar niemand lyk asof hul verantwoordelikheid wil neem nie. Deur Daniel Steyn en Becker Semela (GroundUp) Gladys Molemohi se seun, Teboho, is in Januarie 2021 in Mangaung-korrektiewe sentrum, ’n maksimum sekuriteitsgevangenis in Bloemfontein, dood. ’n Jaar en ’n half later sê sy sy het nog nie antwoorde van die polisie gekry oor hoe Teboho dood is nie. Die Mangaung-korrektiewe sentrum (MCC) is die tronk waaruit Thabo Bester in Mei 2022 ontsnap het. Dit is…

Read More

Pasiënte by die Nyanga-gemeenskapsdagkliniek sê dienste het agteruitgegaan. Deur Peter Luhanga (GroundUp) Bukelwa Gabuza (79) sê sy woon sedert 1981 in Mau-Mau, Nyanga. Sy word vir artritis, maagsere en ekseem behandel, en sy gebruik ’n kierie om te loop. Gabuza sê sy kon nie haar daaglikse medikasie neem niem omdat die kliniek nie voorraad het nie. Sy en ander pensioenarisse wat vir etlike ure nie meer kan staan nie, betaal nou jong mans R50 om namens hulle tou te staan. Sy meen dienste by die kliniek het versleg sedert die provinsiale gesondheidsdepartement in Julie verlede jaar die bestuur by die…

Read More