Teken in tot ons nuusbrief
Ontvang die jongste brekende nuusflitse soos dit ontvou met ons gratis nuusbrief!
Browsing: Vermaak
Die eerste vier episodes van Wyfie is nou op Showmax beskikbaar, met twee nuwe episodes wat elke Dinsdag vrygestel word.
Wyfie kom vanuit die veelbekroonde Homebrew Films-stal (Trompoppie, Magda Louw), en volg vier wildvreemde eerstejaar-kamermaats in die Pantera-koshuis aan die fiktiewe Eike-universiteit.
Goeie kuns, in al sy vorme en genres, laat die mens vir ’n wyle van die lewe se kwellinge vergeet. Kuns is medisyne vir die siel.
Leah is beslis die naam op almal se lippe! Hulle wil óf haar vriendin wees óf soos sy wees óf net sê hulle ken die bondel energie wat altyd tyd maak vir ander.
Die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Logan Pietersen, het met sy nuutste enkelsnit – wat opgedra is aan almal wat oorsee moet werk en woon om vir hulself en hulle gesinne ’n toekoms te bou – net weereens bewys dat hy die kuns vervolmaak het om met harte te praat.
“Dit was hoogtyd vir ’n Teksmark in Johannesburg en dié eerste aanbieding van Teksmark Joburg was ’n reusesukses.”
Die talentvolle sangers en liedjieskrywers, Moya (16) en Iona (13) van Niekerk, wat bekendstaan as moya & iona, is ‘n Suid-Afrikaans suster duet-paar, wat in Bermuda, in die Britse Oorsese Gebiede, langs die kus van die VSA woonagtig is.
Hierdie vrystelling, wat bestaan uit vier liedjies uit haar eie pen, is vernoem na haar gunsteling-snit op die album en beklemtoon die boodskap en tema, dat elkeen van ons van die begin af goed genoeg gemaak is en mense het wat ons liefhet en waardeer vir wie ons is.
Toyota Hilux eienaars moet hulle gereed maak vir ‘n heerlike familie fees die naweek van 13 tot 15 Oktober by Sondela Nature Reserve & Spa, net buite Bela Bela.
Diegene wat hou van grondpad-avonture en 4×4-verwante aktiwiteite sal bly wees om kennis te neem van die feit dat 4×4 met André vanaf Oktober weer op kykNET (DSTv-kanaal 144) te sien sal wees.
Die kykNET Buite-Ekspo Suid Kaap word vir die eerste keer vanaf 29 September tot 1 Oktober by ATKV Hartenbos aangebied. Dis dan ook die eerste naweek van die skoolvakansie en waar beter om hierdie geleentheid aan te bied as by die baie gewild oord ATKV Hartenbos.