{"id":40873,"date":"2023-06-09T18:25:11","date_gmt":"2023-06-09T16:25:11","guid":{"rendered":"https:\/\/afrinuus.com\/?p=40873"},"modified":"2023-06-09T18:25:12","modified_gmt":"2023-06-09T16:25:12","slug":"us-sedimentoloog-deel-van-span-wat-nuwe-spesies-dinosourus-in-utah-ontdek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/afrinuus.com\/2023\/06\/09\/us-sedimentoloog-deel-van-span-wat-nuwe-spesies-dinosourus-in-utah-ontdek\/","title":{"rendered":"US sedimentoloog deel van span wat nuwe spesies dinosourus in Utah ontdek"},"content":{"rendered":"\n

Dr Ryan Tucker<\/a> van die Universiteit Stellenbosch se Departement Aardwetenskappe<\/a> was deel van ‘n internasionale span wat ‘n nuwe plantvretende dinosourus ontdek het wat ongeveer 99 miljoen jaar gelede, gedurende die middel-Kryttydperk, in die huidige Utah geleef het.<\/p>\n\n\n\n

Volgens ‘n mediaverklaring<\/a> van die North-Carolina State University is die nuwe spesies se naam Iani smithi<\/em>, vernoem na die tweegesig-Romeinse god van verandering, Janus. Iani smithi<\/em> was ‘n vroe\u00eb ornithopod, ‘n groep dinosourusse wat uiteindelik aanleiding gegee het tot die meer algemeen bekende eendbek-dinosourusse soos Parasaurolophus<\/em> en Edmontosaurus<\/em>. Navorsers het die meeste van die jong dinosourus se skelet gevind \u2013 insluitend skedel, werwels en ledemate \u2013 maar die opvallendste kenmerk is sy kragtige kakebeen, met tande wat ontwerp is om deur taai plantmateriaal te kou.<\/p>\n\n\n\n

Prof Lindsay Zano, ‘n navorsingswetenskaplike by North Carolina State University en hoof van paleontologie by die North Carolina Museum of Natural Sciences, s\u00ea\u00a0Iani smithi<\/em>\u00a0is uniek nie net omdat dit nuut ontdek is nie, maar ook vanwe\u00eb die skaarsheid daarvan in die Noord-Amerikaanse fossielrekord en sy posisie in dinosourusgeskiedenis.<\/p>\n\n\n\n

As deel van hierdie internasionale navorsingspoging, was Tucker se bydrae om vas te stel wanneer hierdie spesifieke fossiel in die rotsrekord opgeneem is, asook om die omgewing waarin dit geleef het, te herkonstrueer.<\/p>\n\n\n\n

\u201cEk werk al byna ‘n dekade in die Mussentuchit-lid van die Cedar Mountain Formation as deel van ons poging om klimaatsveranderinge te verstaan\u200b\u200bsoos dit in die rotsrekord bewaar word. So byvoorbeeld is Iani smithi <\/em>in sediment\u00eare rots bewaar. Dit dui op \u2018n oorgangsomgewing tussen die kuslyn en \u2018n plat ekosisteem. Met ander woorde, vloedwaters wat die kuslyn bereik sou fyn modder en klei inbring wat dan afsak en later in grond verander. Dit het die sediment verskaf wat nodig was om Iani<\/em> en ander organismes wat gedurende dieselfde tydperk geleef het, te bewaar,\u201d verduidelik hy.<\/p>\n\n\n\n

Hy poog verder ook om ‘n tydraamwerk te verskaf vir wanneer hierdie spesies geleef het. In ‘n poging om die geologie van die Mussentuchit te bepaal, het hy vier vulkaniese asvalbeddings ontdek wat ‘n ongekende vlak van akkuraatheid in terme van geologiese tyd toelaat. Alhoewel dit skaars is, is vulkaniese asvalbeddings belangrik vir meer akkurate datering, aangesien dit in ‘n oomblik van geologiese tyd neergel\u00ea word en gewoonlik oor groot gebiede uitsak, wat vergelyking tussen streke moontlik maak.<\/p>\n\n\n\n

Gebaseer op sy navorsing en ontledings, word daar beraam dat Iani smithi<\/em> omtrent 99.6 miljoen jaar terug geleef het, en dat die hele Mussentuchit oor \u2018n periode van rofweg 600 000 jare deur sediment\u00eare prosesse gevorm is, tussen 99.6 en 98.9 miljoen jaar terug.<\/p>\n\n\n\n

“Daar is nog baie werk wat gedoen kan word met verskeie nuwe dinosourusse wat nog vernoem en beskryf moet word, tesame met ‘n skatkis van geologiese inligting wat nog beskryf moet word,” sluit hy af.<\/p>\n\n\n\n

\"A
Artistieke voorstelling van \u2018n nuwe dinosaurus spesie,\u00a0Iani smithi<\/em>, wat sowat 99 miljoen jaar gelede in die mid-Weste van Amerika geleef het.\u00a0Krediet: Jorge Gonzalez<\/em><\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n
\"A
Een van die mees opvallende kenmerke van die nuutgevonde dinosauraus spesie\u00a0Iani smithi<\/em>, is sy kragtige kake, met tande wat ontwerp is om deur taai plantmateriaal te kou. Krediet:\u00a0National Geographic, Mark Thiessen and Becky Hale.<\/em><\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n
\"A
Die Cederberg Mountain Formation in die Mussentuchit Formation in Utah in die Verenigde State van Amerika, waar verskeie nuwe spesies van dinosaurusse nou ontdek word.\u00a0Foto: Ryan Tucker<\/em><\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n

<\/p>\n\n\n\n

\"A
Dr. Ryan, Tucker, \u2018n sedimentoloog verbonde aan die Departement Aardwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch, besig met veldwerk in die Mussentuchit Formasie in Utah in die Verenigde State van Amerika.<\/figcaption><\/figure>\n\n\n\n