Speurders van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se georganiseerde misdaadeenheid het moorddossiere geopen vir ondersoek na ‘n voorval waar vyf mans wat nog geïdentifiseer moet word, doodgeskiet en ‘n sesde persoon Sondagaand by ‘n mediese fasiliteit in Khayelitsha gesterf het.
Berigte van die toneel dui daarop dat die polisie Sondagaand na 20:00 na die hoek van Maphongwana- en Idadastraat in Terrein C uitgeroep is, waar hulle die liggame van die vyf slagoffers wat geskiet is, gevind het. ’n Sesde persoon wat na die hospitaal gehaas is, is met sy aankoms dood verklaar.
Georganiseerde misdaadspeurders is hard aan die werk besig met ‘n ondersoek wat dadelik begin is.
Besonderhede van die oorledene persone word tans bepaal.