Minister in die presidensie, Mondli Gungubele, het Maandag gesê dat die regering dit oorweeg om ‘n beleidsimperatief in te stel, wat in die toekoms sal help met langtermynbeplanning op die gebied van rampbestuur.
“Vanuit ‘n rampbestuurbeplanningsoogpunt behoort ons ook in staat te wees om die algemene ongevalle van elke tipe ramp te identifiseer en te kan help met reaksiemaatreëls.
“Dit is veral van kardinale belang gedurende die era van klimaatsverandering waarin ons verkeer, sodat die regering ten volle voorbereid kan wees om te reageer tydens vloede en ander soortgelyke rampe,” het Gungubele gesê ná verlede week se besoek aan die eThekwini-munisipaliteit.
Die besoek was daarop gemik om ‘n moniterings- en evalueringsraamwerk na die onlangse vloede in die gebied te vestig.
As deel van sy besoek het Gungubele ‘n inligtingsessie met verskeie departemente, entiteite en belanghebbendes onderneem. Hy het ook die Durbanse hawe en Prince Mshiyeni-gedenkhospitaal besoek om operasionele vordering tot op hede vas te stel wat tot dusver ná die vloede gemaak is.
Die Minister het herhaal hoe belangrik die samewerking van alle regeringsfere met gemeenskappe is, om die ramp aan te spreek, soos uiteengesit deur die Distriksontwikkelingsmodel (DDM).
Deur die DDM word gesamentlike en samewerkende beplanning op plaaslike, distriks- en metropolitaanse vlak deur al drie sfere van bestuur onderneem, wat lei tot ‘n enkele, strategiese ‘Een Plan’ vir elkeen van die 44 distrikte en agt metropolitaanse geografiese gebiede in die land.
Die DDM beoog om eThekwini as ‘n ‘model’ vir die uitrol van die gebeurlikheidsplan te gebruik.
“Ons moet saam met alle sfere van die regering, en veral met ons gemeenskappe, werk om bewustheid rondom nedersettingsbeplanning en gemeenskapsreaksies met betrekking tot rampe te skep,” het Gungubele gesê.
Die Minister het saam met sy afvaardiging nodige verslae vanaf rolspelers ontvang oor werk wat aan die gang is, om te verseker dat die herbou- en stabiliseringsfase volgens plan verloop.
“Ons is hier om te bepaal of daar wel ‘n ingrypingsplan bestaan van ‘n oudit, wat samelopend en akkuraat is aangaande die skade wat deur die ramp veroorsaak is.
“As die Departement van Beplanning, Monitering en Evaluering (DPME), is ons ook verantwoordelik om te verseker dat die opdrag van die President volgens plan verloop, en dat die Ouditeur-generaal ‘n intydse oudit van regeringsingrypings in die KZN-vloedramp gaan doen.
– www.sanews.gov.za