Die Oos-Kaapse polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek geopen, nadat ‘n pasgebore baba Sondagaand in ‘n asblik binne ‘n Cleary Park-kitskosrestaurant in Gqeberha gevind is.
Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), het aan AfriNuus gesê dat ‘n werknemer by die restaurant Sondagaand om 20:30 die ontstellende ontdekking gemaak het.
‘n Pasgebore babadogtertjie wat in ‘n plastieksak toegedraai was, is na bewering in die sanitêre asblik in die vrouetoilet gevind.
“Die naelstring was steeds aan die kind vas. Die baba was ‘in ‘n gedeeltelike toestand van ontbinding’ en die baba is gevind toe personeel agterdogtig geraak het, nadat ‘n konstante vieslike reuk in die toilet gebly het,” het Naidu gesê.
Besonderhede bly in hierdie stadium van die ondersoek min.
Die Gelvandale-polisiestasie het ‘n geregtelike doodsondersoekdossier geopen en doen ‘n beroep op die publiek om te help om die ma op te spoor.
Lede van die publiek wat “verdag is oor enige vrou wat moontlik geboorte geskenk het en daar is geen teken van ‘n kind nie” word aangemoedig om die ondersoekbeampte, Edman Mandeka, by 078-370-9785 te kontak.