Ao. Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring dat Phuthaditjhaba se polisie-eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe tans ‘n ernstige en aaklige voorval ondersoek.
Twee minderjariges, onderskeidelik 5 en 8-jaar oud, is na bewering verkrag, nadat hulle eers deur ‘n verdagte gedwing is om dagga te rook.
Op Sondag, 8 Mei 2022, om 10h00 het die 5-jarige slagoffer se ma opgemerk dat haar dogter siek voel. Sy is gevra wat fout is, waarna die verdagte gesê het dat ‘n man wie hulle ken haar en ‘n dowe vriend gedwing het om dagga te rook, waarna hy hulle verkrag het.
Die ouer het die verdagte bevraagteken, waarna hy egter die beweerde beskuldigings ontken het.
Die minderjarige het weer vir haar ouer voor die verdagte gesê dat hy hulle gedwing het om dagga te rook.
Beide die minderjarige meisies is daarna deur die ouer na die naaste polisiestasie geneem.
Polisiebeamptes het die meisies hospitaal toe geneem vir die nodige mediese ondersoek, wat ‘n standaard verpligting met verkragtingsake is.
‘n Dokter het bevestig dat beide die minderjariges verkrag is.
Sake van dubbele verkragting en poging tot moord is teen die beweerde verdagte aangemeld.
Die beskuldigde is gevolglik in hegtenis geneem en sal op Woensdag, 11 Mei 2022, in die Makwane-landdroshof verskyn op aanklagte van twee verkragtings op minderjariges en twee van pogings tot moord.
“Dit is ‘n sieklike en verskriklike beproewing waardeur geen ouer of meisies behoort te gaan nie. Ek hoop dat geregtigheid sal geskied en seëvier. Ek wil ons polisielede bedank dat die verdagte agter tralies is”, het die Provinsiale Kommissaris van die Vrystaat, Lt-genl Baile Motswenyane, gesê.