Op Woensdag, 11 Mei 2022, sal Suid-Afrika se Hoogste Hof van Appèl ‘n appèl aanhoor teen ‘n 2019-beslissing deur die Gelykheidshof ten gunste van die Nelson Mandela-stigting.
“Die 2019-beslissing het bepaal dat die vertoning van die apartheidsvlag haatspraak uitmaak, wat nuwe grond in wetlike begrippe van die maniere, vorme en perke van haatspraak breek,” sê Mandla Dakada, Koördineerder van Kommunikasie en Digitaal by die Nelson Mandela-stigting (NMS), in ‘n verklaring.
AfriForum het destyds appèl teen die uitspraak aangeteken.
Die appèl is vertraag deur twee ander sake met direkte implikasies vir die apartheidvlag-saak – Qwelane en Masuku, wat albei deur die Grondwethof aangehoor is. Die Nelson Mandela-stigting het by hierdie sake aangesluit in ‘n amicus (vriend van die hof) rol.
“Hierdie sake is nou afgehandel, wat die weg oopmaak vir die appèl om afgehandel te word,” sê die NMS. “Die uitsprake was gunstig vir ons argumente.”
“Ons is vol vertroue dat die Hoogste Hof van Appèl die 2019-uitspraak sal bevestig,” het Sello Hatang, uitvoerende hoof van die NMS, gesê. “Dit is groter as die vlag. Uiteindelik gaan dit oor die soort samelewing wat ons wil hê Suid-Afrika moet wees.”
Klik hier om meer te lees.