Die Departement van Sport, Kuns en Kultuur het in sy 2022/2023-jaarlikse prestasieplan, wat uit 264 bladsye bestaan, gesê dat die departement beoog om altesaam R22 miljoen te bestee op ‘n “monumentale vlag” waarvan die vlagpaal 100 meter lank sal wees.
Van die 22 miljoen sal R5 miljoen bestee word op die “impakstudie en ontwerp” van die vlag, terwyl R17 miljoen op die oprigting bestee sal word.
Die departement sal verder 60 openbare bewusmakingsaktiverings oor die monumentale vlag aanbied, 300 vlae aan skole verskaf en 30 werkswinkels aanbied om kennis oor Nasionale Simbole oor die mediumtermyn te bevorder teen ‘n geraamde koste van R25 miljoen.
“As deel van die bevordering van die nasionale simbole, en in ooreenstemming met ons visie om liefde, passie en waardering vir hierdie kragtige nasionale simbool te versterk, het die Departement ‘n proses begin om ‘n nasionale monumentale vlag te konseptualiseer, te ontwerp en uiteindelik te installeer, met ‘n vlagpaal wat meer as 100m hoog sal wees,” lui ‘n gedeelte uit die plan.
“’n Uitvoerbaarheidstudie oor die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse monumentale vlag is in 2020/2021 onderneem. Die resultate van die uitvoerbaarheidstudie sal die opdrag vir die Suid-Afrikaanse nasionale monumentale vlag inlig. R5 miljoen word in 2022/23 begroot vir die “terreinspesifieke geotegniese” studies, insluitend die Omgewingsimpakstudie en ander toetse en toepassings wat voor konstruksie vereis sal word. In 2023/24 word R17 miljoen bewillig vir die installering van die Monumentale Vlag”.
Lees meer: