Die Kongres van Tradisionele Leiers van Suid-Afrika (Contralesa) het ‘n beroep op die nasionale regering gedoen om “Voorvadersdag” in die toekoms op 8 Mei ‘n amptelike openbare vakansiedag te verklaar.
Contralesa se hoofsekretaris, Zolani Mkiva, sê “dat die bekendstelling van ‘n nuwe openbare vakansiedag wat dit ten doel stel om Afrika-spiritualiteit te vier en te erken, nodig is.”
Voorvadersdag is “ ’n geleentheid om veral die jonger generasies op te voed om te verseker dat kultuur en tradisies vir die komende jare waargeneem word.”
Die Nasionale Huis van Tradisionele Leiers en die Nasionale Khoisan-raad het reeds die openbare vakansiedag erken en het luidens ‘n verklaring reeds ‘n verandering met die nasionale regering versoek.
Suid-Afrika het reeds 12 openbare vakansiedae in 2022 gehad. Werkersdag is huidiglik die enigste vakansiedag in Mei-maand.
Op 8 Mei 1996 het Suid-Afrika die eerste land ter wêreld geword wat diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie grondwetlik verbied.
Elders in die wêreld is 8 Mei Geen Sokkiesdag, Wêreld Donkiedag, Wêreld Eierstokkankerdag, Nasionale Militêre Gade-waarderingsdag, Vryhandelsdag… en nog baie meer.
Klik hier om meer te lees.