Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het in ‘n parlementêre antwoord bevestig dat 90 000 meisies tussen die ouderdomme van 10 en 19 jaar tussen April 2021 en Maart 2022 geboorte geskenk het.
Só lyk tienerswangerskappe per provinsie:
???? KwaZulu-Natal (hoogste): 24 230;
???? Gauteng: 13 814;
???? Oos-Kaap: 12 582;
???? Limpopo: 1 1287;
???? Mpumalanga: 8 840;
???? Wes-Kaap het 6 543
???? Noordwes 5 635;
???? Vrystaat 4 444; en
???? Noord-Kaap: 2 662 (laagste).
Motshekga het verder gesê dat die data van die departement van gesondheid verkry is.
In die vorige jaar het Gauteng 23 000 tienerswangerskappe in dieselfde tydperk onder dieselfde ouderdomsgroep aangemeld. 934 van dié meisies was tussen 10 en 14 jaar oud.
In 2021 het dié departement gesê dat een uit elke drie meisies tussen 10 en 19 jaar in Suid-Afrika wat swanger raak nie terugkeer skool toe nie.
Die departement het verder gesê dat MIV ook onder jong vroue voorkom. Minstens 4,4 miljoen jong meisies in SA leef met MIV.
‘n Gebrek aan seksopvoeding vir beide meisies en seuns in skole is opgemerk as een van die redes wat tot tienerswangerskappe bydra.
Die statistieke van die departement het getoon dat kindermishandeling, verkragting en geslagsgebaseerde geweld algemeen was en meestal tot tienerswangerskappe bygedra het.
Volgens wet moet skole swangerskappe wat verband hou met statutêre verkragting aanmeld. Statutêre verkragting is wanneer kinders onder die ouderdom van 16 seks het. Op dié ouderdom kan jy nie toestemming tot seks gee nie. Indien jy tussen 16 en 18 jaar oud is kan jy wel toestemming tot seks gee.