Sewe mense is Saterdagoggend onherkenbaar verbrand in ‘n ongeluk op die R61-pad tussen Aberdeen en Beaufort-Wes.
Woordvoerder van die Oos-Kaapse Departement van Vervoer en Veiligheid, Unathi Binqose, het aan AfriNuus bevestig dat die voorval Saterdag sowat 20 kilometer na Beaufort-Wes in die Wes-Kaap plaasgevind het.
’n Ligte voertuig wat van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap na Aberdeen in die Oos-Kaap op pad was, met sewe insittendes wat drie kinders insluit, het omgeslaan nadat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het.
Daarna het die voertuig aan die brand geslaan met al die insittendes steeds binne.
Die omstandighede rondom die oorsaak van die ongeluk is in hierdie stadium onbekend en die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.