Die burgemeester van die Collins Chabane-munisipaliteit, Moses Maluleke, is vanaand buite sy huis doodgeskiet.
Maluleke is in sy tuisdorp, Shikundu, buite Malamulele deur onbekende aanvallers doodgeskiet. Sy kind is gewond en is in die hospitaal opgeneem.