Twee mense is doodgeskiet en sewe ander is gewond toe gewapende mans lukraak losgebrand het in ’n verbyry-skietery by ’n taverne in Ga-Rankuwa, Gauteng.
Sello Dimakatso, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig dat die voorval Vrydagaand (22 Julie) om 23:00 plaasgevind het toe klante buite die taverne gesit het.
Die gewapende mans het ’n silwer Volkswagen Polo bestuur.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) sal twee sake van moord en sewe sake van poging tot moord ondersoek.
Die motief vir die moord is nog onbekend, maar dit maak deel van die ondersoek uit.
Enigiemand wat dalk inligting oor die voorval of die verdagtes het, word versoek om 08600 10111 te skakel of by hul naaste polisiestasie aan te meld.