’n 28-jarige en 29-jarige verdagte sal vandeesweek in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Gqeberha verskyn. Dit volg ná die arrestasie van die verdagtes deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad in Gqeberha. Die verdagtes staan tereg op talle aanklagtes van bedrog, diefstal, geldwassery en die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad.
Die klaer van Absa het beweer dat twee van sy werkers tussen 14 November 2019 en 30 Junie 2021 ’n bedrag van meer R1 miljoen bedrieglik van verskeie kliënte se bankrekeninge na dormante bankrekeninge oorgeplaas het. Die twee het glo bankkaarte op die dormante rekeninge uitgereik en die bedrieglike oorgeplaaste fondse uit verskeie kitsbanke in Hankey en die omliggende gebiede onttrek. Die bankkliënte het by die bank gekla oor vermiste fondse in hul rekeninge.
Die bank het die saak toe by die Valke aangemeld vir ondersoek. Die verdagtes is daarna op 27 Julie 2022 in hegtenis geneem.
– Kaptein Yolisa Mgolodela