President Cyril Ramaphosa het Woensdagaand voor die ANC se integriteitskomitee verskyn om antwoorde te verskaf oor die diefstal wat op sy Phala Phala-wildsplaas in Limpopo in 2020 plaasgevind het.
George Mashamba, voorsitter van die ANC-integriteitskomitee, het die nuus bevestig.
Ramaphosa word daarvan beskuldig dat hy die diefstal van miljoene Amerikaanse dollars op sy Limpopo-plaas toegesmeer het deur dit nie by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aan te meld nie.
Mail & Guardian berig dat Ramaphosa egter geweier het om enige van die komitee se vrae te antwoord.
Die kommissie sal nou sy verslag aan die nasionale uitvoerende komitee (NUK) voorlê.