Brenda Muridili, polisiewoordvoerder in Gauteng, het aan AfriNuus bevestig dat ’n produksiemaatskappy Donderdag besig was om ’n musiekvideo te neem toe hulle deur ’n groep gewapende mans aangeval is.
Die mans het na bewering verskeie skote in die lug afgevuur en almal beveel om te gaan lê voordat hulle die vroue in nabygeleë bosse verkrag het.
AfriNuus verneem dat twintig mans by die verkragting betrokke was.
“Agt van die slagoffers is na bewering deur die verdagtes verkrag voordat hulle van hul besittings beroof is,” sê Muridili.
Die polisie het ook bevestig dat ’n skietgeveg tussen hulle en die verdagtes plaasgevind het.
President Cyril Ramaphosa het ’n beroep op Bheki Cele, minister van polisie, gedoen om seker te maak dat die verdagtes aangekeer word.
Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het maksimum hulpbronne gemobiliseer om die oortreders op te spoor.
Opdatering:
Bheki Cele het Vrydagmiddag bevestig dat drie verdagtes in verband met die verkragting in hegtenis geneem is.
’n Verklaring deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) lui:
The Police in Gauteng can confirm that on the 28th of July 2022, a production company was shooting a music video at Krugersdorp, West Village when they were attacked by a group of armed men.
Eight of the victims were allegedly raped by the suspects before robbing them of their belongings. The Provincial Commissioner, Lieutenant General Elias Mawela has mobilised maximum resources to hunt down the perpetrators.
The Police have registered cases of rape and armed robbery.