Majola Nkohli, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, het bevestig dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) naweekbedrywighede voortsit in die Buffalo City-metro nadat dit twee sjebiens Vrydagaand gesluit het en op drank ter waarde van meer as R45 000 beslag gelê het.
Thandiswa Kupiso, adjunk-provinsiale kommissaris vir polisiëring, het hul voetsoldate gelei tydens klopjagte saam met belanghebbendes soos die plaaslike verkeersdepartement en die Oos-Kaapse Drankraad.
Die volgende suksesse is aangeteken:
???? Twee sjebiens is gesluit omdat hulle as ongelisensieerde drankwinkels bedryf is, en die eienaars is beboet. Die polisie het beslag gelê op 217 204 liter drank ter waarde van sowat R45 000.
???? Drie tavernes is van voldoeningskennisgewings bedien vir verskeie oortredings van die Drankwet soos die versuim om ’n bestuurder aan te stel.
???? Dertien (13) mense is gearresteer vir misdade wat wissel van die besit van onwettige dwelms tot aanranding met die doel om ernstig te beseer.
???? Sowat 255 voertuie is tydens die operasie deursoek.
Kupiso het die voetsoldate geloof.