Hendrik Pistorius, ’n 53-jarige blommeboer buite Piketberg, se lyk is Woensdagoggend half bedek met ’n asdrom op sy plaas gevind. ’n Betroubare bron het sy identiteit aan AfriNuus bevestig.
Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder in die Wes-Kaap, het bevestig dat die moord Woensdag in die vroeë oggendure (tussen 03:00 en 07:00) plaasgevind het. Pistorius se lyk is op sy plaas op Piket-Bo-Berg gevind.
Volgens ’n polisieverslag is sy lyk met die polisie se aankoms half bedek met ’n asdrom gevind. Hy is na bewering in sy huis aangeval, nadat rowers ingebreek het.
Hy het beserings aan die kop opgedoen en is op die toneel dood verklaar.
Terwyl die omstandighede rondom sy moord ondersoek word, is ’n onbekende bedrag geld uit sy huis gesteel.
Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, het haar skok oor die moordvoorval van ’n boer uitgespreek. Volgens Didiza is daar talle plaaswerkers wat as gevolg van die tragiese voorval werkloos sal sit.
Nog niemand is in verband met die afgryslike misdaad in hegtenis geneem nie.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het ’n beroep op enigiemand met meer inligting oor die voorval gedoen om die Stopmisdaadnommer by 0860 01 011 te kontak.
Medelye het Woensdagmiddag op Facebook ingestroom na die nuus bekend geword het.
’n Verklaring deur die SAPD lui:
Piketberg police are investigating cases of farm attack, murder and robbery after an incident on a farm , Piket Bo-Berg, Piketberg on 2022-08-03 between 03:00 and 07:00 where a 53 year old man was fatally injured.
According to reports SAPS received a call from the community of a person that was injured. When the Police arrived on the scene, a body was found on the premises, which was half covered with a bin. He was already declared dead on the scene by medical personnel. He sustained blunt force trauma against the right side of his head. An undisclosed amount of cash was taken from the deceased’s desk. The circumstances surrounding this incident are under investigation. The unknown suspect/s fled the scene and are yet to be arrested. We have reason to believe that the motive for the attack can be robbery.
Anyone with any information about this incident is kindly requested to contact Crime Stop on 08600 10111.
Dit is ’n ontwikkelende storie.